Jeugkommisie
Die Jeugkommissie fokus op die geestelike groei, begeleiding en betrokkenheid van die jongmense in die gemeente deur aktiwiteite, kategese en gemeenskapsbou.
Projekte:
Indien jy wil betrokke raak by die jeug kontak gerus vir Anya-Larissa Botha by 073 961 7530
Batekommisie
Die batekommissie is verantwoordelik vir die instandhouding en bestuur van die gemeente se geboue, terrein en toerusting, sodat alles funksioneel, veilig en goed versorg bly.
Projekte:
- Kerk beveilig deur te kyk om n heining om die kerk op te rig.
- Besproeing vir die tuin
- Gras vervang met klippies vir water besparing.
Indien jy wil betrokke raak by die batekommissie kontak gerus vir Herman Treurnich by 082 563 6755
Gemeentebediening
Gemeentebediening fokus op die geestelike versorging, ondersteuning en opbou van lidmate deur pastorale sorg, gemeenskapsbou en dienswerk.
Projekte:
- Kospakkies voorsien aan behoeftiges
Indien jy wil betrokke raak by die gemeentebediening kontak gerus vir Willie van der Berg by 082 923 8333
Getuienis
Die Getuienis-kommissie lei die gemeente se uitreik en dienswerk om God se liefde prakties in die gemeenskap uit te leef.
Projekte:
- Canzibi
Indien jy wil betrokke raak by die getuienis kontak gerus vir Siebert Coetzee by 083 286 9209
Die gemeente se werksaamhede is afhanklik van finansiële bydraes.
Finansiële besonderhede:
NG Kerk Swartland Noord
Bank: Nedbank
Rek Nr. 1285043421
Cheque Rekening
Gebruik die kommissie se naam om te verseker die fondse word na die regte kommissie geallokeer word.