Goue Aar Tehuis
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Gesondheid asook Badisa vereis dat daar
gestruktueerde aktiwiteite op ‘n deurlopende basis vir die inwoners van Goue Aar tehuis aangebied
word. Om dit te kan doen het ons die hulp van vrywilligers/kundiges vanuit die gemeenskap nodig.
Miskien is daar van u gemeentelede wat graag betrokke wil raak by hierdie programme.
Voorbeelde van aktiwiteite wat aangebied kan word sou byvoorbeeld insluit:
Brei/hekel groep.
Leesgroep.
Tuin en plant projek
Gespreksgroepe met die inwoners oor aktuele/stimulerende onderwerpe
Kuns of handwerk
Oefeninge- op vlak van die inwoner in samewerking met die mediesepersoneel
Lewensvaardighede.
Bordspeletjies, legkaarte
Musiek aktiwiteite
Uitreikaksie deur die inwoners na ander gemeenskappe of instansies
Adopt a granny/grandpa
Bybelstudies of kerkdienste op n Sondag
Daar is twee tydgleuwe wat gevul moet word asb. Dinsdae tot Vrydae vanaf 10h00 tot 11h00 of
Dinsdae tot Vrydae vanaf 14h30 tot 15h30. Die verskillende groepe moet op n weeklikse basis
plaasvind.
Indien u sou belangstel om deel te word van hierdie projek, kontak asb vir Leon Venter,
Programbestuurder by Goue Aar Tehuis by 022 486 6240.